SADSAA Junior Gamefish Nationals. Francois Rossouw, leerder van Hoërskool Bothaville, het vanaf 26 Junie tot 1 Julie deel aan die SADSAA Junior Gamefish Nationals deelgeneem.
Hy het in St Lucia, as lid van die Vrystaat o/19 span wat uit drie lede bestaan, deelgeneem. Francois het individueel die derde plek in die kompetisie en die Vrystaat span het ‘n vierde plek behaal.
Hy het ook tydens die kompetisie die grootste ‘yellowfin tuna’ van 16.26 kg gevang. Vanaf 6 Julie tot 9 Julie het hy ook deelgeneem aan die Vrystaat Interklub kompetisie in Richardsbaai. Daar het hy ‘n algehele eerste plek in die Junior afdeling vir Bodemvis en ‘n algehele derde plek in die Junior afdeling vir Roofvis behaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.facebook.com/BothavilleHS
Foto’s verskaf