SA Sportkampioene. 🌟 Hoërskool Die Wilgers vier kampioene!
Hoërskool Die Wilgers, Pretoria, is ongelooflik trots om erkenning te gee aan twee uitmuntende Suid-Afrikaanse Sportkampioene wat die skool se naam hoog hou.
🏅 Jean-Jacques Ellis (Graad 10)
- ’n Kranige atleet wat in 2025 geskitter het met twee goue medaljes by die Nasionale Atletiekkampioenskappe.
- Hy het ook twee silwer medaljes verower by COSSASA vir Verspring en Driesprong.
- Sy grootste prestasie: Hy verbeter die 0/20-SA Verspringrekord met ’n ongelooflike sprong van 7,03m!
♟️ Zander Slabbert (Graad 9)
- Die Wilgers se briljante denker en strategiese meester is gekroon as die 0/16-Suid-Afrikaanse Ope Skaakkampioen vir 2025.
Hierdie week het beide kampioene hul Lourier-medaljes – die hoogste eer wat ’n Wilgie kan ontvang – in ontvangs geneem uit die hande van Springbokrugbyspeler Jaco Kriel.
✨ Hierdie prestasies is nie net ’n viering van talent nie, maar ook van harde werk, toewyding en Wilgie-gees. Die Wilgies sien uit om nog baie spronge en skuiwe van julle te beleef in die jaar wat voorlê!
Welgedaan, Jean-Jacques en Zander – julle is ‘n ware inspirasie! 🎉
Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









