SA Skole Swemkampioenskappe. Nachke van der Walt is ‘n leerder van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein. Nachke is ook een van Suid Afrika se geklassifiseerde swemmers. Sy het vanaf 26 tot 28 Maart aan die Nationale SA Skole Swemkampioenskappe in Pretoria deelgeneem.
Sy het die volgende prestasies behaal:
- 50m Breaststroke – Gold (SB9)
- 50m backstroke – Gold (S10)
- 100 breaststroke – Gold (SB9)
- 50 fly Silver (S10)
- 50 free stroke (S10)
Wat Nachke se prestasie meer uitsonderlik maak is dat sy haar medaljes nie net volgens haar swemtye nie, maar ook volgens die Fina punte stelsel vir geklasifiseerde swemmers ontvang het.
#fichies#fichietrots#swemkampioenskappe
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf