SA Skole Atletiek Kampioenskappe. Vanaf 16 tot 18 Maart het agt atlete van Hoërskool Ermelo aan die SA Skole Atletiek Kampioenskappe te Germiston deelgeneem. Die Errie-atlete het aan ‘n verskeidenheid items deelgeneem waartydens menige ook hul persoonlike beste tye en/of afstande behaal het.
Die uitslae was as volg:
Luan Greyling: 6de – seuns 0/15 800m-uitdunne
Kryn Romijn: 4de – seuns 0/15 400m-finaal
Mia Davel: 6de – dogters 0/17 400m hekkies-uitdunne; 8ste – dogters 0/17 hoogspring finaal; 4de – dogters 0/17 4x100m aflosfinaal
Mia Steenkamp: 4de – dogters 0/17 400m hekkies-uitdunne; 4de – dogters 0/17 4x100m aflos finaal
Tyrone Berning: 1ste – seuns 0/17 4x100m aflos finaal; 2de – seuns 0/17 400m hekkies finaal;3de – seuns 0/17 hoogspring finaal
Bongumusa Vilakazi: 15de – seuns 0/17 1500m-finaal
Elizma Swart: 5de – dogters 0/15 gewigstootfinaal
Mikaela Hand: 19de – dogters 0/15 gewigstootfinaal; 23ste – dogters 0/15 skyfwerpfinaal
Baie geluk aan elke Errie wat sy/haar beste gegee het, nie net vir die skool nie, maar allereers vir die Here wat aan hul hierdie pragtige talente gegee het. Hoërskool Ermelo is baie trots op ‘n ieder en ‘n elk van julle!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf