SA Skole Netbal. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, se o.14A Netbalspan het hul 2023 seisoen die afgelope naweek op `n hoë noot afgesluit. Die span het die afgelope naweek aan die SA Skole Netbal kampioenskap in Boksburg deelgeneem en vyf uit sewe wedstryde gewen!
Hierdie span was ook onoorwonne in die Sentrale Skole Reeks en dit maak die span ook die wenners van die reeks! Na afloop van die SA Kampioenskappe spog die span met die 15de plek in Suid-Afrika!
Uitslae op SA Skole Kampioenskappe:
- Witteberg o.14 vs Potchefstroom Gimnasium: wen 12 – 11
- Witteberg vs Grootdrink Noord-Kaap: wen 15 – 9
- Witteberg vs Frikkie Meyer Mpumalanga: wen 16 – 12
- Witteberg vs Saint Johns KZN: wen 21 – 3
- Witteberg vs Hoërskool Sentraal: verloor 11 – 12
- Witteberg vs Ben Vorster: verloor 12 – 14
- Witteberg vs Hoër Volkskool Potchefstroom: wen 14 – 12
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf