SA Skole MTB finale. Na afloop van die SA skole MTB finale wat in Brits aangebied was, is Grey Kollege trots op hul fietsryers se prestasie.
Hierdie wedren lok al die top fietsryers in SA, asook die span vanuit Namibie.
Uit 124 skole teenwoordig en ongeveer 600 fietsryers, het Grey se MTB-span uitstekend gevaar en ‘n algehele 7de plek verover.
Adian Claassen van Grey het ‘n uitstekende 3de plek in die skole Junior wedren behaal. Hy het dit die volgende dag opgevolg met ‘n 2de plek in die Provinsiale wedren.
Ludwig du Toit van Grey het op sy beurt in die Jeug-afdeling ‘n 9de plek behaal.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegesecondary.com/
Foto verskaf










