SA Skole Hokkie. Nog drie hokkispelers van Hoër Meisieskool Oranje is vir SA Skole hokkie spanne gekies!
Mira Rossouw (SA o.16A), Kirstin Booysen (SA o.16B) en Chanette Jansen van Vuuren (SA o.16B) is vereer vir hul skitterspel van die Suid-Vrystaatse o.16-hokkiespan wat die vierde plek by die SA’s behaal het.
Mira is ook as die Doelwagter van die Toernooi aangewys. Chanette het gesamentlik die derde meeste doele aangeteken.
Vroeër die vakansie is Germarie Spershott (SA o.18A), Carien de Wet (SA o.18B) en Mia Schimper (SA o.17) ook vir nasionale hokkiespanne gekies. Sien:
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf