SA Skole Atletiek. Hoëerskool Outeniqua van George se Kwagga atlete het vier medaljes verower tydens die SA-Skole Atletiek byeenkoms in Germiston.
Die volgende medaljes is gewen:
- Mignon Burger – Hoogspring – Goud
- Zian du Plessis – Gewigstoot – Silwer
- Grante Savage – Hoogspring – Silwer
- Gillian Hector – Paalspring – Brons
Hoërskool Outeniqua wil ook die ander nege kwagga-atlete geluk wens met hul baie goeie prestaties gedurende die SA Skole Atletiek byeenkoms. Die meeste atlete het hul persoonlike beste afstande, tye en hoogtes verbeter.
Kwaggaland is baie trots op elkeen van sy atlete wat deelgeneem het!
#kwaggatrots#kwaggaatlete#kwaggaatletiek#saskoleatletiek
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








