)

SA o.21 Wêreldbeker Netbalspan – Hoër Meisieskool Oranje

SA o.21 Wêreldbeker Netbalspan.🏆 Junior Wêreldbeker Netbal 2025 – Gibraltar wag en ook ’n Goue oomblik vir Oranje!

Karla Victor, matriekklas van 2023, het haar plek op die internasionale verhoog verseker met haar insluiting in die Suid-Afrikaanse o.21-netbalspan vir vanjaar se Junior Wêreldbeker in Gibraltar! 🇿🇦🇬🇮

Die Netbal Wêreldbeker vir o.21-spelers vind van 19 tot 28 September 2025 plaas in die pragtige Gibraltar. Die toernooi is die hoogste vlak van internasionale kompetisie vir jong netbalsterre en word elke vier jaar gehou. Wedstryde sal by twee wêreldklas-venues plaasvind: die Tercentenary Sports Hall en die Europa Sports Park, wat albei opgeknap is vir internasionale sportgeleenthede.

Pool D

Suid-Afrika is in Pool D saam met Barbados, Malawi, Fiji en Trinidad en Tobago, wat beteken Karla en haar span sal teen ‘n verskeidenheid speelstyle te staan kom.

🌟 Karla Victor – ’n Ster wat aanhou skitter. Haar netbal-CV is reeds indrukwekkend:

  • Speler van die Toernooi by die Afrika Wêreldbekerkwalifiseerder
  • 🇿🇦 Kaptein én vlagdraer van SA by die Statebond Jeugspele in Trinidad en Tobago
  • Kaptein van die SA o.18 Fast5-span, wat die korter weergawe van netbal speel
  • Die Jongste speler in die Telkom Netball League terwyl sy nog op skool was
  • Twee jaar agtermekaar aangewys as beste senterbaan-speler in Suid-Afrika o.19

Karla is ook ’n ambassadeur vir PUMA, en speel in hul Accelerate NITRO SQD skoene.

Karla het onlangs gesê:

“Ons gaan elke voet vorentoe sit. Ons doel is om goud huis toe te bring.”

Wat hierdie prestasie nóg merkwaardiger maak, is dat Karla die eerste oud-Oranje sedert Anchen du Plessis in 2005 is wat die Junior Proteas by hierdie wêreldtoernooi gaan verteenwoordig. ’n Erfenis wat weer vlamvat, en Karla is gereed om dit in styl voort te sit!

Oranje is trots — en ons hou duim vas vir elke ‘pass’, vang en doel wat haar pad kruis!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal