SA o.21 Netbal. Karla Victor, leerder van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, is vir die SA o.21-netbal span gekies. Sy gaan Suid-Afrika in Maart tydens die Afrika-kwalifiseringstoernooi in Pretoria verteenwoordig.
Karla, kaptein van Oranje se o.19A-span verlede jaar, is ook in die voorlopige SA-span vir 2025 se o.21-Wêreldbeker opgeneem. Sy het ook verlede jaar die Suid-Afrikaanse o.18 Fast5-span op die Jeug-Statebondspele aangevoer. Dié span het by die Spele silwer gewen.
Meer skolenuus:https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf