SA o.19 Vrouekrieketspan. Hoërskool Kemptonpark vier ’n merkwaardige prestasie!
Die Kempies is besonder trots op Mieke van Voorst wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse O.19-vrouekrieketspan. Hierdie span neem van 18–29 Maart 2026 deel aan die Nigeria Cricket Federation se internasionale T20-toernooi in Lagos, as deel van hul voorbereiding vir die 2027 Wêreldbeker.
Mieke, jou insluiting is ’n bewys van jou harde werk, toewyding en talent. Kempies wens jou alle sterkte toe met hierdie besondere geleentheid en mylpaal. Mag jy elke oomblik geniet, waardevolle ervaring opdoen en steeds groei in jou sport.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf











