SA o.16-netbal. Die SA o.16-netbalspan is aangewys en onder die 12-tal is Marianne Louw, leerder van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein. Die span gaan waarskynlik volgende jaar as SA o.17’s in ’n Afrika-uitdaagtoernooi meeding.
Drie uit die laaste vier keer wat ’n Suid-Afrikaanse o.16-span gekies is, was ’n Oranjeniet deel van die span. Carli Olivier en Wilmi van Heerden (2018), Janine Moolman (2019) en Marianne (2023).
Marianne speel sedert begin vanjaar vir die 1ste netbalspan as aanvallende vleuel.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf