SA Netbal. Hoërskool Robertson is oorstelp van vreugde om die Robbie-gemeenskap mee te deel dat die skool sy eerste SA Netbal speelster opgelewer het.
Meckenzie Marx is ‘n leerder van Hoërskool Robertson. Sy was ook deel van die Wes-Kaap o.16-Cedars span wat aan die Suid-Afrikaanse Skole Netbal se All Ages Toernooi in Boksburg deelgeneem het. Tydens hierdie toernooi is twaalf speelsters tot die SASN Nasionale o.16-span verkies. Meckensie Marx verteenwoordig Hoërskool Robertson as deel van die SASN Nasionale o.16 span.
Hierdie is voorwaar ‘n ongelooflike prestasie as jy teen 22 ander spanne se spelers moes kompeteer vir ‘n plek in die nasionale span.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://hoerskoolrobertson.co.za/
Foto’s verskaf