Nomads SA Gholf. Hoƫrskool Rustenburg leerder, Alyssa Goosen, is tot die Noordwes vrouegholfspan verkies. Alyssa en haar span gaan die Noordwes-Provinsie vanaf 3 tot 5 Julie verteenwoordig. Die span neem deel aan die NOMADS SA Gholf Girls-toernooi.
Hierdie toernooi word aangebied deur Sun International en vind plaas by die Gary Player Gholfbaan by Sun City.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf