SA Nasionale Boogskiet kampioenskappe. Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp, se boogskuts het aan die SA Nasionale Boogskiet kampioenskappe deelgeneem. Die Wesvalia Boogskietspan is aangewys as die algehele wenners in die skole-afdeling!
Tydens die Provinsiale kompetisie van 25 September was die Wesvalia-skuts, Dillen Beukes, Tristan Trollip en Judilie Ehlers deel van die NW Impala span. Die span het goue medaljes op SA ’s gewen.
By die Interskole kompetisies van 27 en 28 September het die Wesvalia die die volgende individuele prestasies behaal:
- Dillen Beukes: Eerste plek graad 10 seuns – Bullseye kompetisie (Goud)
- Tristan Trollip: Eerste plek graad 9 seuns – Bullseye kompetisie (Goud)
- Deandré Erwee: Derde plek graad 9 seuns – Bullseye kompetisie (Brons)
- Mishka Hattingh: Derde plek graad 8 dogters -Bullseye kompetisie (Brons)
Silwer medaljes behaal by die SA ’s: Tweede plek in die 3D kompetisie vir hoërskole:
- Shawn Beukes, Tristan Trollip, Walter Weeks, Tiaan Oosthuizen, Judilie Ehlers en Mia Muller.
Silwer medaljes by SA ’s: Tweede plek in die Bullseye kompetisie vir hoërskole:
- Dillon Beukes, Tristan Trollip, Deandré Erwee, Mishka Hattingh, Walter Weeks, Owen Smith, Shawn Beukes, Dillon Fourie, Amy Esterhuizen, Tiaan Oosthuizen Judilie Ehlers en Mia Muller.
SA Boogskiet Kampioene vir 2024: Goue medaljes op SA ’s: Algehele eerste plek van al die skole (hoërskool en laerskool):
- Dillon Beukes, Tristan Trollip, Deandré Erwee, Mishka Hattingh, Walter Weeks, Owen Smith, Shawn Beukes, Dillon Fourie, Amy Esterhuizen, Tiaan Oosthuizen Judilie Ehlers en Mia Muller.






Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








