SA Junior Nationals Swim Championships. Kwaggas se swemmers blink uit by SA Junior Nationals.
Hoërskool Outeniqua, George, is trots op twee van hul talentvolle swemmers. Alice Esterhuyse en Isabeau Coetsee, het van 21 tot 25 Maart 2026 aan die SA Junior Nationals Swim Championships in Gqeberha deelgeneem.
‘n Rekordgetal van 604 swemmers uit 113 klubs regoor Suid-Afrika, het deelgeneem. Verder was daar ook deelnemers uit Namibië, Zimbabwe, Botswana, Mosambiek, Kenia en Tanzanië. Die kompetisie was van die hoogste gehalte en uiters straf. Hierdie kampioenskappe bied ’n nasionale verhoog vir jong swemmers tussen 12 en 16 jaar om hul talent te toon.
Prestasies:
- Alice Esterhuyse
- Deelname aan 6 individuele items
- 1 tweede reserwe (10de plek)
- 3 persoonlike beste tye (PB’s)
- Isabeau Coetsee
- Deelname aan 9 individuele items
- 9 finale behaal
- 8 persoonlike beste tye (PB’s)
- 50 m Rugslag
- 100 m Rugslag
- 200 m Rugslag
- 50 m Vlinderslag
- 100 m Vlinderslag
- 100 m Vryslag
- 200 m Individuele Wisselslag
- 4de plek – 200 m Vryslag
- 4de plek – 50 m Vryslag
’n Bron van trots
Die skoolgemeenskap is uiters trots op Alice en Isabeau se uitsonderlike prestasies. Julle harde werk, toewyding en sportmanskap maak die Kwaggas se naam groot.

Baie geluk – julle inspireer ons almal!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









