SA Jukskei-kampioenskappe. Die SA Jukskei-kampioenskappe het verlede week in Kroonstad plaasgevind. Om by hierdie geleentheid tot ‘n SA-span verkies te word, moet jy die top 10 van jou afdeling en ouderdomsgroep behaal.
Hierdie eer het die volgende Helpies te beurt geval:
- Nathann Knoop: o.19 SA A-seunspan
- Aidan Labuschaigne: SA Akademie Seuns-uitnodigingspan
- Zoë Ludik: SA Akademie Meisies-uitnodigingspan
- Juf. Ju-hanie Wilken is gekies as afrigter vir die SA Akademie-meisiespan.
Hierdie spanne het ook almal tydens die vertoonwedstryde medaljes verwerf.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf