SA Jagters Nasionale Kampioenskappe. Die afgelope Naweek was SA Jagters se Nasionale Junior Kampioenskappe gewees. Rian Roos (links) en Tristan Meyer (regs) het gekwalifiseer en is uitgenooi om deel te neem.
Tristan het baie goed gevaar en het sy Nasionale Sportskiet kleure verwerf in die onder 18 Junior tabel. Tristan het ook deelgeneem aan ‘n internasionale tabel genaamd 25 m Presisie. Hy eindig 9de van al die deelnemers in die dissipline.
Tristan is ook eerste met die Randslag (.22) geweer en is dus eerste in SA vir hierdie dissipline. Rian Roos het ook uitstekend gevaar.
Trekkertrots!
Foto verskaf
Lees meer oor BVHS: