KZN-Growthpoint Tennis. Lienke Badenhorst, Graad 9-leerder van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, het gedurende die vakansie aan twee tennistoernooie in KwaZulu-Natal deelgeneem. Die KZN-Growthpoint tennis het van 1 tot 5 Oktober plaasgevind Die KZN Ethekwini ProKennex Grand Prix het vanaf 6 tot 9 Oktober plaasgevind.
Lienke het ‘n uitstekende 8ste-plek in die Grand Prix behaal.
“Die toernooie was vir my uitdagend en uitputtend, maar ek is dankbaar, want dit was ‘n baie goeie leerproses.” Dit was omtrent ‘n vakansie propvol tennis!
Baie geluk, Lienke.
#fichietennis #fichietrots