SA Gimnastiek Kampioenskappe. Primêre Meisieskool Oranje leerder, Letitia De Smidt, het 3 Oktober aan die SA Gimnastiek Kampioenskappe deelgeneem in Pretoria.
Sy behaal die volgende prestasies:
1ste plek vir balk – goue medalje
1ste plek op vloer – Goue medalje
4de plek op spronge
2de plek op brug – Silwer Medalje
Letitia behaal die algehele 1ste plek en ‘n Goue medalje vir 12 jaar, Level 6. Sy is ook gekroon as die L6 Suid Afrikaanse Gimnastiek Kampioen.
Verder is sy is ook die algehele Suid Afrikaanse kampioen van alle ouderdomme in vlak 6.
Sy ontvang ook haar Gauteng Kleure vir Gimnastiek.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








