SA Champs Performing Arts. Hoërskool Robertson is baie trots op Mackenzie Marx, Monja Roux en Elmi Bruwer. Hulle het die vakansie deelgeneem aan die South African Championship of Performing Arts in Rustenburg. Hulle het die Wes-Kaap verteenwoordig het.
Al drie hierdie leerders het baie goed presteer.
Die uitslae van Mackenzie, Monja en Elmi vir die South African Championship of Performing Arts was soos volg:
Mackenzie Marx verwerf 8 Goue medaljes, 3 Silwer medaljes en 1 Brons medalje.
Monja Roux dans 2 Goue medaljes en 6 Silwer medaljes los.
Elmi Bruwer behaal 10 Goue medaljes, 3 Silwer medaljes en 1 Brons medalje.
Al drie hierdie dansers kwalifiseer ook vir die SA Champs Performing Arts span. Een van Elmi Bruwer (hoofdogter) se solo’s is gekies vir die gala- geleentheid (showcase) van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe.
Baie geluk dogters!!
Lees meer oor Hoërskool Robertson:
https://hoerskoolrobertson.co.za/
Foto’s verskaf