SA Boerperde. Simoné Jacobsz, leerder van Hoërskool Ermelo, het deelgeneem aan die SA Boerperde se Suid-Afrikaanse-kampioenskap. Die kampioenskap het in Parys se Afridome plaasgevind.
Simoné behaal gedurende die kampioenskap tien eerste plekke, vier tweede plekke, een derde plek asook een vyfde plek.
Sy het met drie verskillende perde deelgeneem en die Erries sowel as Calela-stoet se naam hoog gehou. Simoné het in elke afdeling waaraan sy deelgeneem het, as “Die Kampioen van Kampioene” uitgestap!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf