SA Atletiekkampioenskappe. Welkom Gimnasium is ongelooflik trots om aan te kondig dat 11 Gimmie-atlete gekies is om die Vrystaat-atletiekspan te verteenwoordig by die SA-Atletiekkampioenskappe in Rustenburg.
Hierdie prestasie is ’n bewys van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding – ’n ware inspirasie vir ons hele skoolgemeenskap.
Baie geluk aan elke atleet en hul afrigters. Julle het reeds gewys wat moontlik is, en die skool glo julle gaan die Vrystaat met trots verteenwoordig.
Sterkte met die voorbereiding vir die SA’s – ons staan agter julle!
Welkom Gimnasium se ster-atlete:
- Reatlehile Montshioagae (Diskus)
- Dian Bisschoff (Hamergooi)
- Chrisandi Leppan (Hamergooi)
- Reapele Mokoena (Driesprong)
- Marizaan Combrink (100m)
- Dian Erasmus (1500m Hindernis)
- Liam Marais (Hoogspring)
- Arthur-Junior Lund (Driesprong)
- Thabang Sitoe (Driesprong)
- Jenell Booysen (Gewigstoot en Spiesgooi)
- Tumelo Sekoere (110m Hekkies)


Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://welkom-gimnasium.co.za/
Foto’s verskaf











