SA Atletiekkampioenskap. Bertus (Bertie) Cruywagen, ‘n matriekleerder van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, het die afgelope naweek aan die SA Atletiekkampioenskap deelgeneem. Hy het deurgedring na die 200 m mans finaal by die ASA senior atletiekbyeenkoms in Pietermaritzburg. Bertie het in die buitebaan langs Wayde van Niekerk gehardloop. Hy het die 7de plek in die wedloop behaal.
Benjamin Richardson het die wedloop gewen en kwalifiseer vir die olimpiese spele wat later die jaar plaasvind. Volgens die huidige o/20-mans wêreldranglys beklee Bertie tans die sesde plek!
Tydens die SA Skole Atletiekkampioenskap 2024, het Bertie ook skitterend presteer:
- Bertie Cruywagen – seuns o.19 aflosspan gewen en Goud behaal
- Bertie Cruywagen – 100m seuns o.19 (10,41) Silwer
- Bertie Cruywagen – 200m seuns o.19 21,21) Silwer
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf