SA Atletiek Kampioenskap. Sewe alete van Hoërskool Ermelo het vanaf 21 tot 23 Maart aan die SA Atletiek Kampioenskap deelgeneem. Die kampioenskap is aangebied by Pilditch Stadion in Pretoria.
EHS het uitmuntend gevaar tydens die kampioenskap en eindig met die volgende uitslae:
- Kryn Romijn (o.18 seuns) behaal ’n eerste plek (Goud) in die 400m met ’n tyd van 46,45 sekondes.
- Mia Davel (o.20 dogters) eindig tweede in hoogspring met ’n hoogte van 1,73 meter.
Die volgende atlete het deelgeneem aan die finale deel van hul onderskeie items:
- Tyrone Berning (o.20 seuns) spring ’n hoogte van 2 meter en eindig negende in hoogspring.
- Mnqobi Mabusa (o.16 seuns) eindig negende in 1500m in 4:20,27 sekondes.
- Aletha Kloppers (o.16 dogters) behaal ’n sewentiende plek in die 3000m met ’n tyd van 11:06,97 sekondes.
Tydens die uitdunrondes het die volgende atlete ook presteer:
- Eizma Swart (o.18 dogters) eindig sestiende in gewigstoot met ’n afstand van 12,25 meter.
- Luan Greyling (o.18 seuns) behaal ’n vierde plek in sy 800 meter uitdunne met ’n tyd van 1:57,94 sekondes.
- Tyrone Berning (o.20 seuns ) hardloop die 400 meter hekkies in 54,07 sekondes en eindig vierde.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s: Hilton Kotze Photography