SA Atletiek Kampioenskap. Die Errie-atlete het gedurende die vakansie aan die SA atletiek-kampioenskap deelgeneem, asook die Atletiek Suid-Arika-kampioenskap. Die atlete het uitstekend gevaar en het die volgende plekke tydens die SA’s behaal:
- Mia Davel eindig derde in hoogspring en sesde in 100m-hekkies – dogters o.17
- Tyrone Berning behaal ook ’n derde plek in hoogspring en sesde plek in 400m-hekkies – seuns o.17
- Mia Steenkamp eindig sesde in 400m-hekkies – dogters o.19)
By ASA behaal die Erries die volgende plekke:
- Luan Greyling eindig tweede in die 800m – seuns o.16
- Tyrone Berning eindig sesde in hoogspring en tweede in 4x400m gemengde aflos – seuns o.18
- Mia Davel behaal ’n vierde plek in hoogspring en tweede plek in 4x400m gemengde aflos – dogters o.18
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf