Rustie Krieket. Hoërskool Rustenburg se Rustie-krieket spelers het skoonskip gemaak tydens die vakansie se kriekettoere!
Rusties spog breëbors met die volgende leerders se uitsonderlike prestasies.
- Thian Labuschagne behaal 107 lopies teen Hoërskool Frikkie Meyer en 157 teen Hoërskool Fochville
- AJ Coetzer behaal 106 lopies teen Hoërskool John Voster
- Christivan Coetzer behaal 106 lopies teen Hoërskool John Voster en 100 teen Hoërskool Frikkie Meyer
- Xander Wenhold behaal 124 lopies teen Hoërskool Hogenhout
- Henré Viljoen behaal 205 lopies teen Potch Gimmies en 109 teen Hoërskool Frikkie Meyer
- Wessel Oosthuizen neem 5 paaltjies vir 10 lopies in 3 beurte.
Meer skolesport: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf