Ruiterkuns. Elmonè Slabber, Juan van Zyl en Adriaana van Niekerk van Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam het baie goed presteer in ruiterkuns by die Lutzville skou.
Elmonè Slabber het in die O/18-ope driegangklas ‘n derde plek tussen agt ruiters behaal. Sy het ook ‘n derde plek behaal in die driegang-saalperd ruiterkuns O/18. Elmoné het ook die vierde plek behaal in Grootkampioen benede Olifantsrivier Kampioenskap. Dit was ook ‘n sterk klas van nege perde!
Juan van Zyl het ‘n derde plek in die tweegang boerperd behaal. Hy behaal ook ‘n tweede plek in die driegang-saalperd 0/18. In die driegang boerperd ruiter O/18 het Juan die eerste plek behaal.
Adriaana van Niekerk het ‘n vierde plek behaal in die O/10-drafklas en die eerste plek in die O/10-stap-draf ruiterkuns klas.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf