Grease Dans. “You’re the one that I want” en “Grease lightning” het die dansbaan laat lewe toe die Erries op Woensdagaand 27 Julie “Summer nights” in die winter kon vier met ‘n heerlike Grease Dans.
Die T-Birds and Pink Ladies het hul danspassies met hope energie uitgevoer! Dit was ook ‘n aand van pret, lekker eet en kuier om die vure.
Baie dankie vir die ondersteuning van ouers en leerders ten bate van die EHS-graad 11’s se matriekafskeidsfonds.
Erries doen álles met oorgawe: “Oh, yes indeed!”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf