Msukaligwa 1 skaak uitspele. Hoërskool Ermelo se skaakspanne aan die Msukaligwa 1-uitspele te Ligbron deelgeneem.
Die o.15-span van Hoërskool Ermelo het 1-5 teen Ligbron se o.15A-span verloor, maar 4-2 teen die o.15B-span gewen.
EHS se o.17-span het gewen met 4-en-’n-half teen die Ligbron o.17-span se 1-en-’n-half.
Die o19’s van die Erries het ’n vriendskaplike wedstryd teen ’n gemengde span van Ligbron gespeel. Ligbron wen 4-2.
Al drie EHS se skaakspanne gaan deur na die Gert Sibande-uitspele wat vandag, 1 Augustus, by Ligbron plaasvind.