• About Us
  • Advertise
  • Contact Us
Mon, Aug 15, 2022
16 °c
Cape Town
15 ° Fri
17 ° Sat
15 ° Sun
13 ° Mon
Schools That Rock
No Result
View All Result
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us
No Result
View All Result
Schools that Rock
No Result
View All Result
ADVERTISEMENT
Home Gauteng

Rugby Kapteins – Schools That Rock gesels met HJ de Beer

HJ de Beer

schoolsthatrock by schoolsthatrock
Jun 26, 2022
in Gauteng, Gauteng Schools, Gauteng Sports, Latest News, West
0
0
Rugby Kapteins – Schools That Rock gesels met HJ de Beer

Rugby Kapteins – Schools That Rock gesels met HJ de Beer

Rugby Kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met HJ de Beer. HJ is die kaptein van Hoërskool Monument, Krugersdorp in Gauteng, se 1ste rugbyspan. Hy druk vandag die dertiende drie in ons reeks oor Rugby Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.

“Ek speel al rugby vanaf sesjarige ouderdom. Ek hou van rugby omdat dit vir my lekker is om deel te neem aan ‘n spansport. Van kleins af het ek saam met my pa rugby gekyk en het dit altyd so lekker gevind. Dit is die rede waarom ek besluit het om te begin rugby speel.

READ ALSO

FS Rugby – St Andrew’s School B-League Champions

Super 8 Tennis – Jordania algehele wenners met goud

Vanaf my eerste wedstryd het ek geweet dat daar vir my niks lekkerder in die lewe is as rugby nie.

ADVERTISEMENT

My raad aan beginners in rugby is om nooit moed op te gee nie. Indien jy ‘n sukses van rugby, of enige sport, wil maak moet jy bereid wees om hard te werk.

Die posisie wat ek tans speel, is nommer vier slot. Ek het ook al voorheen stut gespeel.

Die eerste keer wat ek as onder-kaptein gekies is, was toe ek O.11 gespeel het. Die eerste keer wat ek as kaptein gekies is, was toe ek o.16 gespeel het. Volgens my is die belangrikste taak van ‘n rugby kaptein om altyd ‘n voorbeeld te stel en nooit moed op te gee nie, ongeag van hoe moeilik dit op die veld gaan.

Motivering

Ek hoef meestal nie my span baie te motiveer nie. Die ouens is almal baie ‘committed’ en ons het almal dieselfde ‘mindset‘ oor wat ons as span wil bereik. Ek motiveer ook my span deur te bewys dat ek elke wedstryd my alles gee.

Ons span oefen vyf keer per week wanneer ons die naweek ‘n wedstryd speel. Ek en ‘n paar van my spanmaats oefen bykans elke dag by die gimnasium.

Die bekwaamhede waaroor ‘n goeie rugbyspeler moet beskik, is om te kan lei, maar ook om gelei kan word. ‘n Goeie sportmangees is ook baie belangrik op en van die veld.

My sleutel tot sukses op die rugbyveld as rugby kaptein, is dat ek vir meer as net myself speel. Die ouens langs my op die veld is my inspirasie elke keer wanneer ek op die rugbyveld stap.

Lekkerste wedstryd

My lekkerste wedstryd in my rugbyloopbaan was my eerste wedstryd wat ek vir die Wit Bulle gespeel het. Dit was vir my ‘n voorreg om vir die eerste span, wat so baie gees en geskiedenis het, te kon speel. Dit was vir my net ongelooflik!

My slegste wedstryd het nog nie plaasgevind nie, maar ek sal maar solank sê dit sal my heel laaste wedstryd in ‘n Wit Bul trui wees.

As rugby kaptein sien ek uitdagings nie as druk nie, maar as ‘n geleentheid om te presteer of om iets groter te bereik. My beste rugby-besluit ooit was om van my skool in Namibië te skuif na Hoërskool Monument in Suid-Afrika.

Na ‘n moeilike wedstryd bedank ek eerstens die Here vir die geleentheid wat ek gehad het en dan vra ek raad vir die mense naby aan my.

Top prioriteite

My top 5 prioriteite is om eerstens ‘n sukses van my rugby te maak. Tweedens wil ek almal vir wie ek omgee gelukkig hou. Om te gaan studeer en ‘n graad te behaal is my derde prioriteit. Vierdens is dit om harder te werk aan elke aspek van my lewe en vyfde is om gelukkig te wees met wat ek doen en die besluite wat ek maak.

My grootste rugbyheld is die oud-Springbok Bakkies Botha.

My doelwit wat ek graag hierdie jaar as rugby kaptein wil verwesenlik is om die Noordvaal beker te wen in my laaste skooljaar.

Die persoon wat my al die meeste verras het, is Dylan Viljoen. Hy het in een wedstryd, tydens ons toer, amper dertig ‘rucks gehit’.

Zain Henery

Die persoon wat die nommer een nar in ons span is, is Zain Henery, ons buite ‘senter’.

Ek dink my afrigter en spanmaats sal my beskryf as iemand waarop jy kan staatmaak en vertrou. Ja, ek beoog om na skool voort te gaan met rugby. Ek sal graag op provinsiale vlak of hoër wil speel.

Die grootste uitdaging waarvoor vandag se sportlui te staan kom, is dat daar so baie sportmanne en -vroue daar buite is. Jy moet bereid wees om harder as hulle almal te werk.

Ek glo ek handhaaf ‘n goeie balans tussen rugby asook my sosiale en akademiese verpligtinge deur genoeg tyd aan elkeen te spandeer.

Die toekoms maak my die meeste opgewonde, want soveel is nog moontlik en jy kan dit beïnvloed sodat dit na jou kant toe uitdraai as jy elke dag daaraan werk.

My grootste hoogtepunt die afgelope vyf jaar, was om Grand Khomo in 2019 te kon speel en om Monnas se eerstespan rugby kaptein te wees. Monnas is ‘n skool met soveel rugby geskiedenis.

Die persoon met wie ek graag wil koffie drink, is Ruan Nortje. Ek het baie respek vir hoe hard hy in elke wedstryd speel.

Ek sal myself in een woord beskryf as hardwerkend.“

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.monnas.co.za/

Foto verskaf

Tags: RugbySchoolsschools that rockSports

Related Posts

FS Rugby - St Andrew's School B-League Champions
Freestate

FS Rugby – St Andrew’s School B-League Champions

Aug 14, 2022
Super 8 Tennis - Jordania algehele wenners met goud
Freestate

Super 8 Tennis – Jordania algehele wenners met goud

Aug 13, 2022
Football - St Charles College represent at PMB Schools
Kwazulu Natal

Football – St Charles College represent at PMB Schools

Aug 13, 2022
Netbal SA's - Feite oor Oranje Meisieskool O.18 span
Freestate

Netbal SA’s – Feite oor Oranje Meisieskool O.18 span

Aug 12, 2022
Noordvaal Hokkie Uitspele - Erries spanne vaar indrukwekkend
Latest News

Noordvaal Hokkie Uitspele – Erries spanne vaar indrukwekkend

Aug 12, 2022
Ramme getoets - Augsburg matrieks toets ramme vir vrugbaarheid
Latest News

Ramme getoets – Augsburg matrieks toets ramme vir vrugbaarheid

Aug 12, 2022
Next Post
Pieter de Beer 1388 (pb) Dehandri Morkel 1363 Altus Boshoff 1258 Marla de Jager 1249 Michaela Warren 1239 (pb) Monika Troskie 1095 (pb) Jessica Ashmead 1082 (pb) Elrize du Preez 1073.Die ander twee wat hul persoonlike beste tellings geskiet het, is laerskoolleerders wat saam met die Erries skiet: Reinhardt de Beer 1102 en Danie Geldenhuys 1047.

Skiet Kompetisie - Hoërskool Ermelo vaar goed

Please login to join discussion

POPULAR NEWS

Northern Cape High School learners rewarded

Northern Cape High School learners rewarded

May 31, 2021
Happy Mothersday

What is a Mother?

May 14, 2017
PAUL ROOS RESULTS

Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch – krieketuitslae

Jan 30, 2018
HOOFSEUNENHOOFDOGTER

Hoofseun en -Dogter Laerskool Mooirivier

Oct 11, 2017

Carmin Coetzer, oud-Uppie, vertoon nuwe kort film

Jul 26, 2016

Get daily news updates to your inbox!

Subscribe to our mailing list to receives daily updates direct to your inbox!



ADVERTISEMENT

EDITOR'S PICK

FS Rugby - St Andrew's School B-League Champions

FS Rugby – St Andrew’s School B-League Champions

Aug 14, 2022
Super 8 Tennis - Jordania algehele wenners met goud

Super 8 Tennis – Jordania algehele wenners met goud

Aug 13, 2022
Football - St Charles College represent at PMB Schools

Football – St Charles College represent at PMB Schools

Aug 13, 2022
Netbal SA's - Feite oor Oranje Meisieskool O.18 span

Netbal SA’s – Feite oor Oranje Meisieskool O.18 span

Aug 12, 2022

Follow us

About

Schools That Rock is a young company, we are looking forward to a very bright future in serving the schools and learners of South Africa.

Quick Links

  • About Us
  • Advertise
  • Contact Us

Recent Posts

  • FS Rugby – St Andrew’s School B-League Champions
  • Super 8 Tennis – Jordania algehele wenners met goud
  • Football – St Charles College represent at PMB Schools
  • Netbal SA’s – Feite oor Oranje Meisieskool O.18 span
  • Noordvaal Hokkie Uitspele – Erries spanne vaar indrukwekkend

Newsletter

Get daily news updates to your inbox!

Subscribe to our mailing list to receives daily updates direct to your inbox!



  • Advertise
  • Contact Us
  • Terms & Conditions
  • Privacy Policy

© 2022 Schools that Rock - Developed by Volt Africa.

No Result
View All Result
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us

© 2022 Schools that Rock - Developed by Volt Africa.

Welcome Back!

OR

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
This website uses cookies. By continuing to use this website you are giving consent to cookies being used. Visit our Privacy and Cookie Policy.