Rugby Kaptein. In ons gewilde reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Kyle Willeman. Kyle is die 1ste rugbyspan kaptein van Hoërskool Bredasdorp in die Wes-Kaap. druk vandag die eerste drie in ons reeks vanjaar oor Rugby Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika en Namibië.
Kyle, op watter ouderdom het jy begin rugby speel?
- Ek het rugby begin speel toe ek ses jaar oud was, in 2012.
Hoekom hou jy van rugby? Wat het jou laat besluit om rugby te speel?
- Ek hou van rugby omdat dit ‘n sportsoort is waar jy saam en teen mense van verskillende agtergronde speel. Van ‘n vroeë ouderdom af was was ek lief om met ‘n rugbybal te speel en so het my liefde vir die sport ontwikkel.
Hoe het jy gevoel toe jy jou eerste wedstryd gespeel het?
- Vir my eerste wedstryd was ek senuweeagtig maar ook opgewonde om die sport te ervaar.
Wat onthou jy van jou eerste rugbywedstryd?
- Ek onthou dit was ‘n weg-wedstryd teen Primêre Skool Napier waar ons die wedstryd gewen het.
Hoe het jy gevoel toe jy die eerste keer as kaptein op die veld gedraf het?
- Dit was ‘n eer en ‘n voorreg om met ‘n span spelers, wat baie talent het, as kaptein op die veld te draf.
Watter raad sal jy, as rugby kaptein, aan beginners gee?
- My raad aan beginners is om altyd respek te hê vir hul spanmaats en afrigters. Wees altyd bereid om te leer en moet nie huiwer wees om vrae te vra nie, maar onthou altyd om dit te geniet.
Wanneer was die eerste keer dat jy tot kaptein verkies is? (Nie net die huidige nie).
- Hierdie jaar was dit die eerste keer wat ek as kaptein gekies was. Ek was van laerskool af altyd gekies as onder-kaptein.
Hoe hou jy jou span gemotiveerd tydens ‘n wedstryd – selfs wanneer dit nie goed gaan nie?
- Deur altyd positief op te tree en woorde van motivering te gebruik met die spelers.
As rugby kaptein, wat is jou sleutel tot sukses op die rugbyveld?
- . Eerstens deur my geloof in God te plaas en te weet dat my spanmaats en afrigters in my glo.
Wat inspireer jou elke keer as jy op die rugbyveld draf vir ‘n wedstryd?
- My inspirasie kom van die ondersteuning van Hoërskool Bredasdorp asook my passie en liefde vir rugby.
In jou loopbaan tot nou toe – watter wedstryd was vir jou die lekkerste? Brei asseblief uit oor hoekom dit die lekkerste wedstryd was.
- Die lekkerste wedstryd was verlede jaar teen die eerste span van Windhoek Affies waar ons in die eerste helfte van die wedstryd 21-3 agtergeloop het. In die tweede helfte het ons teruggekom om die wedstryd 32-24 te wen. Ons het nie opgegee nadat ons so ver agtergeloop het nie. Dit was soos ‘n droom om 29 punte aan te teken nadat ons die eerste helfte met 19 punte agtergeloop het.
Watter wedstryd wil jy gou vergeet? Jou slegste wedstryd? Hoekom?
- Ek wil interskole 2023 teen Montagu gou vergeet. Ek voel dat ons verdien het om daardie wedstryd te wen nadat ons so ‘n wonderlike seisoen gehad het.
Wanneer jy, as Rugby Kaptein, ‘n moeilike wedstryd agter die rug het, by wie soek jy hulp/raad?
- Na ‘n moeilike wedstryd sal ek altyd raad soek by my pa. Hy is altyd eerlik met my en motiveer my altyd om beter te wees.
Kyle, wie is jou grootste rugbyheld? Hoekom?
- My grootste rugbyheld is Damian Willemse. Sy vaardighede, toewyding en die manier hoe hy hom op en van die veld af gedra is vir my inspirerend.
Watter persoonlike rugbydoelwit/doelwitte sal jy graag vanjaar wil bereik?
- Ek sal graag een van die onder-18 Boland spanne wil maak en ook my vaardighede in rugby verbeter.
Beoog jy om ná skool aan te hou rugby speel? Op watter vlak?
- Ek gaan na skool aanhou rugby speel en ek sal graag tot op ‘n professionele vlak wil vorder.
Wat was jou grootste enkele hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?
- My grootste hoogtepunt in rugby was die voorreg om gekies te word om in Dubai Sewes te gaan speel by die Dubai o.18 sewes toernooi.
Neem jy voor en ná die rugbyseisoen aan ander sportsoorte deel? Indien wel, wat?
- Ek neem voor die rugby-seisoen deel aan atletiek en gholf.
Met watter professionele rugbyspeler wil jy graag koffie drink?
- Ek sal graag wil koffie drink saam met Damian Willemse om meer oor hom uit te vind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf