ATKV Digitoneel. ATKV Digitoneel skep ‘n nasionale platform waar leerders monoloë kan skryf, toneelspeel en hul kamera-tegnieke kan beoefen. Vyf leerders van Hoërskool Swartland het saam met Alma Nel monoloë ontwikkel vir hierdie kompetisie.
Haniel Oberholzer het ‘n brons sertifikaat verwerf het vir sy monoloog. Die beoordelaars was baie beïndruk met sy werk! Zanike Marshall het ‘n goue sertifikaat ontvang en is ook nasionaal deel van die top 16 wat gekies is om aan die finaal deel te neem.
Zanike het ongelooflike werk geskep met haar verfilming van haar monoloog waarin sy die hoofrol vertolk en ‘n baie kontemporêre tema aanspreek.
Hoërskool Swartland is trots op haar brawe werk en hou duimvas vir die top 8 wat op 3 Junie aangekondig sal word vir die verfilming van die KykNet-program, ‘In die Kollig’.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf