)

Rugby – Erries voer botoon in Noordvaal-uitdunrondte

Rugby – Drie rugby spanne van Hoërskool Ermelo het op Saterdag, 30 Julie deelgeneem aan die grootskole uitdunrondte vir 2022 se Noordvaal-kompetisie.

Die o.15A-rugby span het kookwaterrugby gespeel en koning gekraai teen Potch Gimnasium. Met fokus, passie en trots wen hulle met ‘n telling van 55-12.

Die o.16 rugby span verloor met 14-10 teen Hoërskool Bergsig.

Die atmosfeer op die paviljoen was gespanne toe die eerste span opgedraf het, alhoewel die kleurvolle ballonne en vlae ‘n feestelike atmosfeer geskep het. 

Tydens die eerste helfte het die rugby spelers die toeskouers behoorlik laat naels kou. Teen halftyd was daar slegs een punt verskil. Die wedstryd was kliphard, aanskoulik en senutergend.

Na halftyd het die Erries die rugby krane behoorlik oopgedraai. EHS se teenstanders het nie ‘n antwoord op die Erries se aanvalle gehad nie en was veral die laaste tien minute heeltyd op die verdediging. Die Erries het ‘n welverdiende sege van 30-17 oor Potch Gimnasium behaal.

Dit was ‘n skolewedstryd wat voorwaar ‘n vertoonvenster vir die spel op skoolvlak in Suid-Afrika is.

Die o.15- en eerste span dring deur na die kwart-finaal op Saterdag 6 Augustus te Hoërskool Merensky.

CJ van Huyssteen
Diederik van der Walt

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

hhttps://www.erries.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal