Rugby Afrigters. Twee van Hoërskool Outeniqua se rugby afrigters, Mnr Jaco Janse van Rensburg en Mnr Heinrich du Plessis is onlang to nuwe rudby-poste bevorder.
Mnr Jaco Janse van Rensburg, huidiglik Kwagga Rugby se Direkteur van werwing, 14A Afrigter en 1stXV Tegniese adviseur, is gekies as hoofafrigter vir die o/18 SWD Cravenweek Rugby span wat vanaf 9 tot 13 Julie vanjaar in Kaapstad deelneem aan die Cravenweek Rugby Toernooi. Die toernooi word aangebied by Rondebosch Boys High School.
Mnr Heinrich du Plessis, huidige kondisionerings-afrigter by die Kwaggas rugby, is ook gekies as die 0/18 SWD Akademie rugbyspan se assisent afrigter. Die toernooi vind plaas in Wellington by Hugenote Hoërskool. Die toernooi vind ook plaas vanaf 9 tot 13 Julie.
Baie geluk mnre Janse van Rensburg en du Plessis!
Die Kwaggas wens julle en julle spanne baie sterkte toe!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf