Rugby en Ruby Mnr en Mej Liggie 2018 saam met Getroud met Rugby akteurs
Vanjaar het 22 finaliste (11 dogters en 11 seuns) aan die Rugby en Ruby 2018 Mnr en Mej Liggie Kompetisie deelgeneem wat op Woensdagaand, 1 Augustus in die Ligbron skoolsaal aangebied was.
Die glansgeleentheid was ‘n besondere geleentheid met twee van die Getroud met Rugby sepie sterre wat die aand bygewoon het. Werner Coetser, ook meer bekend as Blits Vermeulen en kaptein van die Stryders rugbyspan van Getroud met Rugby het as die seremoniemeester opgetree, terwyl Marijke van der Westhuizen, of soos almal haar ken as Maryke Baltrami, deel gevorm het van die beoordeellaars-span.
Marijke het saam met Annemi Strydom (Brand Manager Epimax), Somayya Omarjee (eienaar Bhyats Mica) en Lee Langenhoven (oud-Liggie en voormalige mnr. SA finalis) as die beoordeellaars vir die geleentheid opgetree. Die finaliste het in drie kategorieë deelgeneem: Informele drag, Borge voorstelling en Formele drag, waarna hulle dan beoordeel was op verskeie kategorieë.
Tydens die Borg- voorstelling het die finaliste ook elkeen die geleentheid gehad om die besigheid of instansie wat hulle geborg het, uit te beeld vir erkenning en ‘n bietjie bemarking. Elke finalis het regtig pragtig gelyk en hulle het deurlopend hulle Liggies laat skitter. Baie geluk aan die volgende finaliste wat vanjaar aangewys is as die wenners. Bianca Francis en Janu Prinsloo is aangewys as Mnr en Mej Persoonlikheid, gevolg deur Simone Stapelberg en Alec Duncan wat aangewys is as Mnr en Mej Fotogenies.
Marisca Stander is aangewys as die tweede Prinses tesame met Jannes van Staden wat aangewys is as die tweede Prins; Noxolo Magubane het die eerste Prinses titel ingeneem saam met Alec Duncan as die eerste Prins en Simone Stapelberg en Makabongwe Mathebula is gekroon as vanjaar se Mnr en Mej Liggie. Vanjaar se organiseerders wil graag van die geleentheid gebruik maak om die volgende persone en instansies te bedank vir hulle betrokkenheid en borgskappe ten opsigte van die Mnr en Mej Liggie Kompetisie: Epimax, Getroud met Rugby, Mix & Match Materials, Bhyats Mica, Wildman Hunting and Outdoor, Voorspoed Slaghuis, Ouma Rooi, Steers by Pitstop, Romans Pizza, Spur, Studio7, Blomme vir Almal, Ermelo Watch and Gift, Glam and Gloss Makeup, Nahua Highveld, Ma-Betts, Bo-Kamer Gastehuis en Ermelo Bedding and Lounge.
Die Wenners van vanjaar se Rugby en Ruby Mnr. En Mej. Liggie 2018:
(v.l.n.r.): Werner Coetser (seremoniemeester), Bianca Francis (Mej Persoonlikheid), Marisca Stander (2de Prinses), Noxolo Magubane (1ste Prinses), Simone Stapelberg (Mej fotogenies en Mej Liggie), Makabongwe Mathebula (Mnr Liggie), Alec Duncan (Mnr Fotogenies en 1ste Prins), Jannes van Staden (2de Prins), Janu Prinsloo (Mnr Persoonlikheid) en Marijke van der Westhuizen (beoordelaar)