Gedurende 28 tot 29 Julie het drie leerders van Hoƫrskool Ermelo deelgeneem aan Mpumalanga SANESA Qualifier 4.Surika Struwig, graad 8-leerder van EHS behaal die volgende uitslae met haar perd, Midas Touch: Eerste in Performance Riding vlak 5, derde in Working Riding vlak 5, twee eerste plekke is Prix Caprilli vlak 1, asook in Elementary Dresseer.
Met Janic Fosfor behaal sy die volgende plekke: Tweede in Inhand Utility en Novice Prix Caprilli, vierde in Working riding vlak 3, en eerste in 60cm Equitation, Performance riding vlak 3, Novice Prix Caprilli met twee eerste plekke in Novice dresseer.
Margha Greyling, graad 9-leerder presteer ook baie goed met die volgende uitslae: Met Lorelock Legolas kry sy ān tweede plek vir Working Hunter 80 cm en Two Phase 80cm en ān eerste plek in Competition 80cm. Met Brandenburg Corelli behaal sy ān tweede plek met Intermediate 1m en Competition 1m, asook ān derde plek in Two Phase 1m.
Surika en Margha behaal as span ān eerste plek in die 80cm Handy Hunter klas.
Walter van der Walt, graad 8-leerder by die EHS het ook aan die kompetisie deelgeneem en hom baie goed van sy taak gekwyt. Met sy perd Classic Element het hy ān tweede plek behaal in Handy Hunter 1m en twee eerste plekke in onderskeidelik Working Hunter 1m en die kompetisie in twee fases 1m. Hy behaal ook ān eerste plek in Working Hunter 1.1m met sy perd Geminu.
Walter se volgende kompetisie vir Show Jumping sal tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wees op Khayalami Eqestrian Park.
Baie geluk aan hierdie Erries. EHS is besonder trots op elkeen van julle.