Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, se 1ste dogters-krieketspan het Woensdag, 2 Augustus tuis teen Hoërskool Standerton se eerstes te staan gekom. Ligbron het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die Liggies teken 136 lopies vir 8 paaltjies plat aan. Standerton neem tweede die kolf op en word almal uitgeboul vir slegs 30 lopies.
Ligbron wen die wedstryd met 106 lopies. Amanda Turner was as die speler van die wedstryd aangewys nadat sy 3 paadjies vir 2 lopies geneem het.
Foto: Jacolien du Preez besig om te kolf.