Die Computer Connection o/15A rugbyspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Saterdag, 4 Augustus, in die kwartfinaal van die Virseker Beker deelgeneem. Hulle het teen Hoërskool Dr. Malan van Meyerton, Gauteng, uitgedraf en seker gemaak dat hulle behoorlik opskudding veroorsaak met die Blou Masjien Liggie-gees.
Hulle het uitstekende rugby gespeel en het aan die einde van die wedstryd as oorwinnaars uit die stryd getree met ‘n wen-telling van 36-3. Die Liggies sal eerskomende Saterdag, 11 Augustus teen Heidelberg Volkskool in die semifinaal speel.
Die wedstryd sal in Heidelberg plaasvind.