)

Roeselare uitruilskema 2017/2018

Hierdie jaar is dit die 16de keer dat Hoërskool Strand met die Burgerskool Roeselare in België aan ‘n uitruilskema verbind is. Ons het verlede jaar in België gekuier en nou is dit die Arende se beurt om ons nuwe vriende te ontvang en te onthaal. Gisteraand laat het ons vriende uit België gearriveer vir ‘n vol gepakte program met baie avontuur en reis vir ons vriende. Tydens die eerste week van hul besoek gaan hulle besienswaardighede soos die ‘’Cheetah outreach’’,Robbeneiland, Waterfront, Root 44 sien en ook vir ‘n surf les by ‘’Son Surf school’’.

Op Maandag 12 Februarie vertrek ons met die groep na Knysna; vandaar na Addo olifant park via Oudshoorn en dan terug huis toe. Tydens die ‘’roadtrip’’ gaan ons die bekende Knysna Heads, die Knysna olifante, die wêreld se hoogste reksprong (bungy jump), Kangogrotte, Oudshoorn se krokkedil- en volstruisplaas asook die pragtige Swartbergpas besoek.

Ons gaan ook met die groep so bietjie kamp in tente by Bevelac met al sy watervalle om te swem en al die staproetes aan te durf. Gedurende die laaste week gaan ons besienswaardighede in en om Kaapstad doen ; onder andere Simonstad en ‘’boulders’’, Kaappunt, Houtbaai, Kampsbaai, piekniek op Tafelberg, Elgin Ziplines, die Bettiesbaai sandduine en die Chris Barnard hartmuseum.

Hierdie is maar net ‘n paar van die avonture en herinneringe wat vir hulle wag; daar is nog vele meer wat wag om elke hoek en draai, want ons land is vol verassings en skoonheid.

Juffrou Lynette Wolff praat altyd van ‘’payback’’; wat eintlik beteken dat ons op ons manier vir die Belge wil dankie sê vir die geleentheid wat hulle ons gegee het om hul pragtige land verlede jaar tydens ons besoek daar vir ons te kon wys.

“Ons ontmoet as vreemdelinge en gaan as vriende uitmekaar.” Lynette en Tobie.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal