Vrydag, 28 Februarie, het die Rocking Future groep Hoërskool Strand se gr.12 leerders gehelp om hul loopbaankennis en loopbaanopsies te verbreed. Hierdie interaktiewe loopbaanexpo stel tersiêre instansies op ‘n kreatiewe en interessante manier aan die leerders voor.
Leerders kry ook die geleentheid om persoonlik met die verskillende instansies se verteenwoordigers te gesels. Op 12 Maart kry die hele skool en ouers die geleentheid om die meer formele loopbaanexpo by te woon. Kontak me H. van der Merwe vir Navrae.