Hoërskool Strand het onlangs ‘n lootjie-verkoop-poging gehad om geld in te samel vir die hokkiespelers wat gedurende die vakansie aan verskeie toernooi gaan deelneem, onder andere die Fairmont Easter Festival, die Bleomhof Investec-toernooi en die Paarl Gim-toernooi.
Die spelers, wie se vorms die wenlootjies opgelewer het, verskyn op die foto: Chris Langeveldt en Alexander Smit. Die eerste prys is ‘n naweek vir twee persone by die At-Whale-Phin Gastehuis in Reebok, tesame met ‘n geskenkpak van R500 van SPAR. Die tweede prys is ‘n Russell Hobbs versapper en die derde prys ‘n vleis-geskenkpak van R520 van Akeru Slaghuis in Gordonsbaai (ontvanger afwesig).
Foto bo: Chris Langeveldt en Alexander Smit