Op Vrydagmiddag,1 Maart, het Hoërskool Strand ‘n kliniek vir Lochnerhof se o.9 en o.10-spelers aangebied. Die afrigters en eerstespanspelers van Hoërskool Strand het die jong hokkiespelers touwys gemaak.
Elke sessie het ‘n uur-en-‘n half geduur. Die jong hokkiespelers is nuwe vaardighede geleer en hulle vaardighede is ook opgeskerp.