Rekeningkunde Olimpiade. 🏆 Hoërskool De Aar se Leerder Bekroon as Nommer Een!
Rico van Heerden, ’n uitmuntende leerder van Hoërskool De Aar in die Noord-Kaap, het die provinsie se naam hoog gehou. Hy het ’n merkwaardige prestasie by die die Rekeningkunde Olimpiade behaal. Met ’n uitsonderlike punt van 94,6%, het Rico die hoogste plek verower in sowel die Pixley Ka Seme-distrik as die hele Noord-Kaap.
Hierdie prestasie is nie net ’n bewys van sy harde werk en toewyding nie, maar ook ’n bron van trots vir sy skool en gemeenskap.
🎉 Die hele Noord-Kaap is ongelooflik trots op jou, Rico – jy is ’n ware inspirasie!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








