Regional Level 2-gala – Landboudal Boere se eie Adi van der Merwe het deelgeneem aan die Swem SA se Regional Level 2-gala. Dit het plaasgevind in Potchefstroom vanaf 30 Maart tot 1 April.
As trotse lid van die Stingrays Swemklub het sy haar talente gemeet teen die beste jong swemmers uit die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap. Die gala het 30 klubs bymekaar gebring en die kompetisie was van die hoogste gehalte.
Adi het in die 14-jaar dogtersafdeling vir vier finale gekwalifiseer. Dit is ’n prestasie wat op sigself reeds haar toewyding en harde werk weerspieël. Sy het die volgende uitslae behaal:
- 2de plek in die 100m Rugslag
- 3de plek in die 50m Rugslag
- 4de plek in die 200m Rugslag
- 8ste plek in die 50m Vlinderslag
Hierdie uitslae wys nie net haar veelsydigheid in die swembad nie, maar ook haar vasberadenheid om telkens haar beste te lewer. Adi se prestasie bring groot trots vir Landboudal Boere en dien as inspirasie vir haar spanmaats en die hele skoolgemeenskap.
Baie geluk, Adi Lanties sien uit na nog vele medaljes en gloriemomente in jou swemloopbaan!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor









