Redenaars Oppie Tong af. Op Saterdag, 28 Augustus, het agt redenaars van Hoërskool Ermelo in Mpumalanga deelgeneem aan die provinsiale uitdunne van die landswye Oppie-Tong-Af Redenaars kompetisie. Dit was die afdeling vir individuele toesprake. In hierdie Oppie Tong af redenaars kompetisie word daar van leerders verwag om toesprake van tussen 5-7 minute te lewer. Enige van die volgende 5 subkategorieë, oorredende toesprake, motiverende toesprake, vermaaklikheidstoesprake en onvoorbereide toesprake word gelewer. Leerders ontvang hul onderwerp ‘n uur voor die kompetisie begin. Dan is daar ook die uitdagende Goue Tong-afdeling waar leerders hul onderwerp vyf minute voor die redenaars kompetisie begin ontvang.
Hoërskool Ermelo is trots op vyf van hul redenaars wat deurdring na die nasionale finaal van die kompetisi. Dit vind DV tussen 14-20 Oktober in Midrand plaas. Die spanredenaars-afdeling van Oppie Tong af kompetisie vind eerskomende week plaas. Die Erries wens Mienke Cloete, Zané du Plessis, Raees Tikly, Zanéke Ludick en Chrizanne Joubert van harte geluk. Hierdie finaliste is besig met hul voorbereiding vir die nasionale kompetisie.
Alle sterkte met die finaal!
Mienke Cloete, gr. 10 (91% – oorredende toespraak)
Zané du Plessis, gr. 10 (90% – onvoorbereide toespraak)
Raees Tikly, gr. 10 (90% – motiverende toespraak)
Zanéke Ludick, gr. 10 (90% – oorredende toespraak)
Chrizanne Joubert, gr. 9 (90% – oorredende toespraak)
Zané du Plessis, gr. 10 (89% – Goue Tong)
Lees meer oor Erries: