Gimnastiek Provinsiale kompetisie. Ses gimnaste van Hoërskool Hoopstad, Alica Cornelissen, Diané Malherbe, Eloneé Bosch, Frannelle van der Meulen, Leandri Jansen van Vuuren en Sumienke Wolfaardt het puik presteer tydens die Noordwes Provinsiale Gimnastiek kompetisie in Klerksdorp.
Al ses hierdie gimnaste het op vlak 1 as volg presteer: Alica Cornelissen (Silwer), Diané Malherbe (Silwer), Eloneé Bosch (Brons), Frannelle van der Meulen (Silwer), Leandri Jansen van Vuuren (Goud) en Sumienke Wolfaardt (Goud).
Hierdie ses gimnaste kwalifiseer vir die Noordwes span.
Baie geluk. Hoopies is baie trots op julle.