Redenaars – Leerders van Eunice High School in Bloemfontein het deelgeneem aan die ATKV Redenaarskompetisie. Hulle het op 13 en 14 April aan die eerste uitdunrondte by die Hoërskool Goudveld deelgeneem.
Hulle dring deur na die halfeindronde wat sal plaasvind op 20 en 21 Mei, by Hoërskool Trio in Kroonstad.
In die kategorie Afrikaans huistaal onvoorbereid vir Gr 10-12 dring Elke du Plessis in Graad 11 van Eunice Hoërskool deur.
In die kategorie Afrikaans huistaal voorbereid vir Gr 10-12 het die volgende leerders van Eunice High School deelgeneem: Dané Engelbrecht, Sinteché du Preez en Heike-Louise Hechter.

Dané Engelbrecht, Graad 12, se tema was: Keuses is nie kinderspeletjies nie.
Die tema van Sinteché du Preez, Graad 12 was: Vrees vir verkeerde keuses kan jongmense vernietig.
Heike-Louise Hechter, Graad 11, het met haar keuse “Daar is hoop in Suid-Afrika se grense” ook deurgedring na die ATKV Redenaars se halfeindrondte.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








