Netbal Kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Suné Basson. Suné is die kaptein van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, se 1ste netbalspan. Sy teken vandag die veertiende doel aan in ons reeks oor Netbal Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.
“Die eerste keer wat ek begin netbal speel het was in Graad 1. Ek is passievol oor netbal, want netbal is die sport waar ek al my probleme en dagtake eenkant toe kan skuif en net kan fokus op een ding, en dis netbal. Ek neem nie deel aan ander sportsoorte nie.
Die posisie wat ek tans speel, is HD. Ek is ‘n ‘all rounder‘ so ek kan in al die posisies speel. Ek was al voorheen ook netbal kaptein van die onder 13 en onder 16 spanne.
Ons eerste span oefen drie keer ‘n week. Maandae oefen on sowat 90 minute en dan Dinsdae en Donderdae twee ure. Ja ek oefen elke dag doele om myself beter te bekwaam.
Hoërskool Landboudal
Die wedstryd wat ek die meeste gestres het, was tydens die George toernooi. Die semi-finale wedstryd was teen Hoërskool Landboudal van Jacobsdal. Dit was stresvol, want ek as netbal kaptein moet my span dra. Ek moet die persoon wees wat ‘confidence’ het en nie moet nie laat slaplê nie.
My lekkerste wedstryd was teen Landboudal in die semi-finale. Almal se adrenalien het gepomp en ‘fighting spirit’ het gewerk. Ons het gevorder tot waar ons vir ekstra tyd moes speel. Ons het ook gespeel vir ‘sudden death’ waar ons op die ou einde die wedstryd verloor het met 2 punte. Dit het vir my gevoel of ek het vir die eerste keer op die toernooi gespeel het.
My korttermyn doelwit wat ek graag binne die volgende ses maande wil bereik is om klaar te maak met skool. Dan wil ek dít gaan studeer waarvoor ek ook ‘n passie het – onderwys. Binne die volgende drie jaar wil ek ver wees met my studies en ook vir die universiteit netbal speel. Indien dit moontlik is, sal ek in die toekoms graag vir ‘n internasionale netbal span wil speel.
Top 5 prioriteite
As ek my top vyf prioriteite tans in my lewe moet noem, is dit Jesus, my gesin en vriende, skool, sport en tyd vir myself.
Indien ek tekortkominge of foute in my spel ondervind, gaan lê ek in die aand op my bed en herspeel die hele spel deur my kop. Op die dag van oefening verbeter ek dit dan.
My sterk punte wat my laat glo dat ek ‘n goeie netbalspeler is, is die uithouvermoë waaroor ek beskik. Ek kan ook ‘n plan maak werk.
Ja, ek het wel ander stokperdjies buiten netbal – slaap!
Leierskap is in my gene, maar my ma en pa se ‘pep talks’ motiveer my elke keer om, as netbal kaptein, te doen wat my span gemotiveerd sal hou.
Tannie Lynette Gerber is die persoon wat, toe ek onder 15 gespeel het, ontmoet het. Sy het diep spore in my hart getrap. Dis die een vrou wat, in my oë, ‘n goeie afrigter is en ek sien op na haar as rolmodel. Sy is ook die rede waarom ek eendag ‘n afrigter wil wees.
Grootste uitdagings
Ek dink die grootste uitdagings van die meeste deelnemers aan sport vandag is om sport te geniet. Ons almal wil wen maar dit kan nie altyd gebeur nie, so geniet dit. Dit bou herinneringe op.
Ek bestuur my sport-, akademiese en ander verpligtinge sowel as my daaglikse roetine as volg: Van Maandae tot Vrydae begin my dag om 6:15. Maandae: skool, negentig minute netbal, daarna ekstra klas en dan skoolwerk. Dinsdae: skool, 2ure netbal, daarna koinonia vir 1uur en dan skoolwerk. Woensdae: skool, ekstra klas, daarna VSCV vir ‘n uur en dan skoolwerk. Donderdae: skool, twee ure netbal dan skoolwerk. Vrydae: skool en daarna slaap.
Wat ek omtrent spanwerk geleer sedert ek netbal kaptein geword het, is dat spanwerk een groot uitdaging is. Netbal is ‘n spansport – sonder spanwerk beteken jou span niks.
Hoogtepunte
Die hoogtepunte wat ek beleef het as speler en as netbal kaptein, is die geloof wat my spanmaats het vir netbal. Dan ook die uithouvermoë en die ‘fighting spirit‘ van my spanmaats, maak nie saak hoe ver ons verloor nie.
Ons as span is goed daarmee om op die bane, terwyl ons ‘n wedstryd speel, met mekaar te kommunikeer wanneer ons mekaar se hulp tydens ‘n wedstryd nodig het.
Wanneer ek sien dat een van my spanlede sukkel met nuwe uitdagings in die spel tydens ‘n wedstryd, sal ek bly by die ‘basics’ want dis wat vir ons geleer is. Wanneer ons weer by oefening is, sal ons daaraan werk en dit en oor en oor oefen.
Die beste raad wat ek van my afrigters ontvang het, is om diep asem te haal, want ek is geneig om vinnig te speel en maak dan baie foute.
Afrigter en spanlede
Hoe sal my afrigter en spanlede my beskryf?
- Tannie Lynette – Sy is ‘n goeie leier met goeie waardes. Sy is iemand waarna ander kan opkyk. Een van haar mooiste eienskappe is dat sy die mooi in ander raaksien en nie sal huiwer om komplimente uit te deel en ander aan te moedig nie. Haar mooi straal uit van binne, haar omgee hart raak almal aan. Sy lag uit haar maag en weet hoe om die lewe te geniet met grasie. Sy is talentvol en leef dit uit. Haar voorbeeld is navolgenswaardig. Sy lei haar span met die voorbeeld wat sy stel. Verder geniet sy haar spanmaats se respek met ‘n nederige, entoastiese omgee-hart. Sy is ‘n besonderse leier.
- Coach Carle-Dèan – Sunè is ‘n lewenslustige, kreatiewe en opgevoede vrou wat die mooi in alles raaksien. Die een wat jou optel, jou dryf en wat jou sommer weer ‘n lus gee wanneer jy dit die meeste nodig het! Suné is een van die min mense wat ek al teëgekom het met die passie en die wilskrag om ‘n ding te maak werk! Sunè gaan dit nog ver in die lewe bring. Ek is baie trots op die vrou wat sy is!
- Nikki (onderkaptein) – Suné is iemand wat omgee vir haar spelers. Sy sorg dat hulle ‘headspace’ in ‘n goeie en sterk ‘space’ is.
- Elri- Suné is ‘n netbalspeler wat weet wat sy wil hê in die lewe. Sy gee altyd haar beste op die baan. Al is sy in baie pyn, sal sy steeds speel. Beste kaptein vir die span en ‘n ware kind van God. Sy probeer altyd om ons waardig te laat voel!
- Michaela- ‘n Goeie en opregte persoon. Neem leiding wanneer nodig en baie motiverend.
- Mienke – Suné is iemand wat ‘n defnitiewe passie vir netbal het. Sy is ‘n absolute omgee-persoon met ‘n natuurlike aanvoeling vir netbal, asook ‘n leier.
- Shanice – Suné is baie motiverend. Ek sal altyd haar stem hoor bo almal se stem. As enigeen van ons ‘n fout maak sal sy ons altyd oplig en beter laat voel. Sy is vriendelik, entoesiasties en sterk. Sy het alle goeie leier-eienskappe, met baie potensiaal!
- Rochelle – Suné is ‘n uitstekende netbal speler wat haar geloof, hart en span op die baan dra. Sy is altyd vol liefde en hoop wanneer ons op die baan stap. Sy is altyd positief en sy is die persoon wat my motiveer om beter te wees en nooit op te gee nie . Suné is ons kaptein, ons sussie en grootste ondersteuner.
- Khiara – ‘n baie ‘motivational’ en ‘positive’ speler wat almal altyd op ‘hype’ en ondersteun!
- Nienke – Suné hou daarvan om leiding te neem en weet altyd wat om te sê om die span weer moed in te praat. Al is jy kort, is jy altyd daar om die bal te vang en hardloop jy almal onderstebo. Jy mag maar netbal na skool doen!
Bekwame afrigter
Ek sal ‘n bekwame afrigter beskryf as iemand met vertroue, ‘n moeder vir die span, sterk in geloof en ‘n persoon wat kom met n plan.
Die professionele netbalspeler met wie ek graag wil koffie drink is Shamera Sterling. Sy is ‘n uitstekende verdediger vir Jamaica asook vir The Adelaide Tunderbirds.
Wat my die gelukkigste in my lewe maak is om elke dag op te staan en te besef ek haal nog asem.
My grootste hoogtepunt die afgelope vyf jaar in sport is om vir Langenhoven se eerste netbal span te speel. Andersins is dit om te groei in my geloof
As ek myself in een woord moet beskryf, sal dit wees: saggeaard.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf