)

Redenaar Kamryn van Hoër Meisieskool Oranje maak indruk

Kamryn Lowe

Kamryn Lowe, ’n gr. 8-leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje, is nie op haar mond geval as dit kom om haar sê te sê voor ’n gehoor (of in die geval voor ’n kamera) nie. En dit boonop in Engels.

Sy is een van agt redenaars van haar skool wat deur is na die nasionale ronde van die Radikale Redenaarswedstryd in Oktober. Hulle moes hulle toesprake vooraf opneem en instuur.

Sy is die enigste van die agttal wat in die nasionale ronde in twee afdelings sal meeding, in Engels eerste addisionele taal en in die lees-afdeling.

Kamryn het verlede jaar, as ’n leerder aan die Laer Meisieskool Oranje, ’n derde plek nasionaal op die ATKV se redenaarskompetisie verower en was as die beste taalgebruiker vir gr. 6’s en gr. 7’s aangewys.

Mieke Louw (gr. 10) en Rehanjo Swanepoel (gr. 12) se Engelse toesprake is ook goed genoeg geag. Karlien van der Merwe (gr. 8), Katelyn Visser (gr. 10), Vianke Herbst en Marné Clase (albei gr. 11) het saam met Lowe in die lees-afdeling deurgedring.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal